Saturday, December 20, 2014

Stilte

Aan die einde van 2014 voel dit vir my asof my binnekant smag na stilte. Ek word nou die oggend stil en soos ek my Bybel lees is dit asof hierdie woorde soos die eerste sagte reëns is na 'n lang winter. Manna vir my siel. 

In elke opsig was 2014 'n buzzzzzzzz jaar. Voel of my kop nooit stil geword het nie! Maar helaas is daar nou 'n tyd van rus. Twee jaar gelede toe ons die suide van Namibië gaan ontdek het, het ek nie dieselfde terug gekom as wat ek was voor ons vertrek het nie. Daardie stilte en herontdek van Vader se teenwoordigheid in die natuur was oorweldigend. Ek onthou dat ek 'n God-bewustheid daar beleef het. Dit is waarna ek uitsien wanneer ons nou die Noorde van Namibië gaan verken. Wat 'n voorreg! 

Ek kyk saam met die kinders nou die dag die fliek The ultimate gift. Een van die geskenke was The gift of a day. Met die krieket toets wat vroeër klaar gemaak het, wen ons twee dae op ons vakansie en ek beleef hierdie as 'n groot geskenk! 

Wanneer ek dink aan 2015 besef ek, ek sal graag meer bewustelik wil leef! Nie net deur die 'motions' gaan nie, maar regtig elke oomblik indrink soos wat ons hierdie vakansie gaan doen. Baie meer stil word en wegtrek uit die buzzzzzzzz en meer fokus op wat God nou in hierdie oomblik wil kom doen. 

 Johannes 1:6-10 kry vir my 'n nuwe betekenis en ek besef dat ons is almal deur God gestuur soos Johannes, om Sy lig hier te kom reflekteer. Mag dit nog meer so wees van hierdie dag aan. Mag dit vir julle ook tot seën wees. 


6Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. 7Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. 8Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 10Hy wás in die wêreld — die wêreld het deur Hom tot stand gekom — en tog het die wêreld Hom nie erken nie.

Seën vir elkeen wat die boodskap lees tot ons weer kuier. 

Estelle 

Thursday, October 30, 2014

'n Ewige Hallelujah

Laas week Donderdag het ek 'n amazing tyd oppad werk toe saam met die Here in my motor. Ek luister na Matt Redman se CD, maar dis asof elke Jakaranda blommetjie daardie oggend donkerder pers is. Die lug is so donker grys-blou wat die belofte van reën inhou wat die kontras veroorsaak, maar soos ek die lied luister "An endless Hallelujah" is dit of daar net iets in my gees wakker gemaak word van ons wonderlike, wonderlike Vader.

Hierdie afgelope jaar het ons 'n vriendin, familielid en jarelange huisvriende van my ouers (die oom) verloor en sing hulle almal nou 'n Ewige Halelujah! Maar dis asof ek net beleeef dat Vader wil hê dat ons elke dag 'n Ewige Halelujah moet sing hier op aarde vir Hom :-)

Dit was eintlik vir my so wonderlik om tot hierdie besef te kom, want die vorige dag het ons bevestiging gekry dat ons 'n kursus (e-Learning for academics) wel gaan aanbied - ons het genoeg mense, maar die nuus kom soortvan 'n week te laat! Ek het 2 weke nodig om die kursus te paneelklop en reg te kry sodat die mense kan begin met die aanlyn komponent, 'n week voor die kontaktyd.

Terwyl ek werk toe ry, praat ek egter hierdie ding met die Here deur want ek besef ek het net nie genoeg tyd om hierdie betyds gereed te kry nie, maar ek het 'n vrede in my binnekant! Dis asof ek in daardie spesiale oomblik terwyl ek die onmoontlikheid van die situasie by Vader kom voorlê beleef hoe Hy my vrede kom gee en hoop op 'n wonderwerk!

Ek besef net ek het net soveel tyd, maar Vader kan my help om die onmoontlike steeds te vermag in die beperkinge wat ek beleef, ek moet rustig wees in my gees en terugstaan en kyk hoe hierdie gaan uitspeel. Vir die van julle wat my beter ken, sal weet, hierdie is 'n radikale kopskuif vir my want ek wil in beheer wees, maar die keer is dit net so 'n onmoontlike situasie. Dis reeds 'n week gelede en Dinsdag middag laat kon ek die uitnodiging om aan te teken uitstuur! Prys die Here! Sover het amper die helfte van die klas reeds aangeteken (hulle is net 12 :-), wat ook 'n wonderwerk is - gewoonlik kom die mense nie so vinnig uit die blokke uit nie :-)

Ek wil sommer julle aanmoedig om vandag na hierdie lied te gaan luister en mag dit jou ook inspireer om 'n Ewige Halleluja te gaan sing daar in die omstandighede waary jy jou bevind!

Watch "Endless Hallelujah Lyrics HD" on YouTube - Endless Hallelujah Lyrics HD: http://youtu.be/D16xiwqJYlE

Ek seën jou vandag met Ef3:16 Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word.

Groete tot ons weer kuier
Estelle

Dis hoe pers die jakarandas was daardie oggend. Foto geneem op kampus.

http://youtu.be/D16xiwqJYlE

Friday, October 10, 2014

Kuier tyd

Baie welkom by my eerste blog inskrywing.

Ek lees vanoggend Ps 8:10    o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!

Dit herinner my aan die lied van Hillsong I Believe (The Creed). Dis deel van hulle nuutste album No other Name. En om die musiekvideo te neem het hulle vir 60 minute op 21 elektroniese borde in Time Square, New York vertoon No other Name Jesus! Wow! Lees gerus die storie en hoe mense begin reageer het:
Hillsong Takes Over New York City's Times Square With 'Jesus,' 'No Other Name' Campaign
http://www.christianpost.com/news/hillsong-takes-over-new-york-citys-times-square-with-jesus-no-other-name-campaign-119125/

Ek het uiteindelik die week tyd gehad om 'n blog te begin!!!! Moenie vra hoe het ek tyd gekry nie? Kom ek sê net ek het weereens te vinnig probeer tuiskom van Johannesburg af en toe word ek tot stilstand geruk vir die week :-) Nou is julle lekker nuuskierig - ek het my voet erg verstuit.... Maar toe het ek tyd. En ek leer toe ook weer 'n paar lesse:

1. Dit betaal nie om so haastig te wil wees nie - wat is 15 minute nou in die groter prentjie????
2. Dis wonderlik om net meer rustig te wees en dinge stadiger te doen - stadiger te stap, stadiger te werk deur alles wat in jou kop aangaan, stadiger te moet tik want dis nie so gemaklik met die laptop op jou skoot en jou pootjie in die lug nie ;-)
3. Hoe wonderlik die Here se genade was om hierdie les vir my juis hierdie week te kom leer. Al 3 ons kinders was weg die week, so ek het net myself en my lieflike man gehad om na om te sien (maar ek het my kinders woes baie gemis!)

Ek noem die Blog: Kuier tyd. My hart is dat wanneer jy epos ontvang van hierdie blog - mits jy natuurlik gaan subscribe ;-) , dat jy hier sal weggaan met nuwe krag, bemoedig en versterk vir jou volgende reis. Alles tot eer van die Vader, Sy Seun Jesus Christus en die Heilige Gees. Daarom wil ek graag hierdie eerste inskrywing begin met hierdie woorde van die I believe lied van Hillsong want dis waarvoor ek staan. Maar dis ook wat ek bid dat elkeen van julle sal kies om voor te staan!

This I Believe (The Creed)" Lyrics [edit]
by Hillsong Worship | from the album No Other Name

VERSE
Our Father everlasting
The all creating One
God Almighty

Through Your Holy Spirit
Conceiving Christ the Son
Jesus our Saviour

CHORUS
I believe in God our Father
I believe in Christ the Son
I believe in the Holy Spirit
Our God is three in one
I believe in the resurrection
That we will rise again
For I believe in the Name of Jesus

VERSE
Our Judge and our Defender
Suffered and crucified
Forgiveness is in You

Descended into darkness
You rose in glorious life
Forever seated high

BRIDGE
I believe in You
I believe You rose again
I believe that Jesus Christ is Lord

CHORUS
I believe in life eternal
I believe in the virgin birth
I believe in the saints' communion
And in Your holy Church
I believe in the resurrection
When Jesus comes again
For I believe in the Name of Jesus

Luister gerus die lied op YouTube: http://www.youtube.com/watch?v=x7AQeYL9c74

Seënwense tot ons weer kuier :-)
Estelle