Saturday, January 17, 2015

2015

Ons het hierdie jaar ingegaan in Namibië. Wat 'n voorreg was dit nie. Om die eenvoud te beleef van hierdie Himba mense en die allermooiste skoonheid van die natuur - die paaie wat ons gery het, het ek nooit eers gedroom sou ons kon ry nie - wat nog van geleentheid kry om te ry nie... Die kontraste tussen klip en sand en dan gelykte en dan weer berge was verstommend.

Einde 2014 voor ons met vakansie gegaan het, kom ek agter dat ek 'n geestelike honger het. Ek was fisies en emosioneel MOEG en uitgeput, maar geestelik HONGER! So staan ek voor my boekrak en dink wat gaan ek die vakansie lees? Die boek wat se titel vir my uitstaan is 'n boek wat ek 20 jaar gelede gelees het met die titel Come away my beloved geskryf deur Frances J Roberts. Dis kort stukkies, maar bevat soveel waarheid van wie God is! Ek neem die boek saam op ons reis. En soos ek lees, is dit soos sy in haar voorwoord geskryf het ook vir my:
"Wether you are just beginning your Christian walk or have grown into a fuller stature in Christ, you will be equally challenged and helped. Some books give instruction for Christian Living; others inspire to greater devotion. Come Away, My beloved will do both as you open your soul to its living message."

Langs die watergat in Etosha een oggend lees ek 'n stukkie uit die boek met die titel On the waters of sorrow - ek haal aan:
"As I have opened thine eyes to see, so shall I open thine ears ro hear, and ye shall come to know Me even as did Moses, yea in a face-to-face relationship.
For I shall remove the veil that separates Me from thee and ye shall know Me as thy dearest Friend and thy truest Comforter." (P16)

Dit herinner my onmiddelik aan 'n belewenis wat ek een oggend in Puros (dis woestyn) gehad het, toe ek stil word: Ek raak bewus daarvan dat Moses ook soos die himbas wat met hulle vee trek na waar daar weivelde is, getrek het in die woestyn. Hierdie gedagte het vir my die Bybel soveel meer 'real' gemaak!

Ek lees 'n ander oggend:
Hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie net meer op grond van wat jy gesê het nie; ons het nou self gehoor wat Hy sê, en ons weet dat Hy regtig die Verlosser van die wêreld is.” (‭JOHANNES‬ ‭4‬:‭42‬ NLV)

Dit is die storie van Jesus se ontmoeting met die Samaritaanse vrou. Die vraag wat by my opkom is: Glo ek omdat ek self gehoor het of op grond van iemand anders se getuienis?

In 2015 beleef ek net dat Vader ons nog nader na Hom wil trek! In alles wat ons is, moet ons Hom eerste vertrou. Kom ek verduidelik:
31 Desember moes ons vriende hulle sleepwa in Oropembe los nadat beide die vere gebreek het en ons net nie kon regkom om dit reggemaak te kry sodat die wa kan ry tot in SA nie. So, verdeel ons die vrag tussen die twee voertuie. Nou moet julle weet, ons het geen opvangs gehad al vir baie lank nie en ook 4 dae geen krag nie. Alles is dus teen die tyd pap.

Ons ry van Oropembe na die Marble mines waar ons die aand gaan oorslaap - 25 km neem ons 'n uur! Die pad is sleg, maar die omgewing is baie mooi - soos ons nou reeds al gewoond is aan :-) ry stadig en geniet die omgewing - drink die skoonheid van God se skepping behoorlik in.

Daardie nag kan ons nie slaap nie. Ek lees op 'n stadium'n boodskap wat Sanet al 25 Desember gestuur het as 'n seënwens vir 2015:
Isa 41:10    Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

Hieride Woord kom gee vir my rus en vrede vir ons reis vorentoe. Min het ek geweet dat die 2de Januarie ons splinternuwe sleepwa se wiel morsaf sou breek van die as af! Op 'n mooi pad in Etosha het die wiel net afgebreek. Weer het ek net besef een oggend toe ek uit Come away My beloved lees Dependance on God en The burden Bearer dat ons nie weet hoe die toekoms lyk nie, maar Vader is reeds daarin - hy het reeds die planne gemaak vir elke uitdaging wat gaan kom. Dit sluit so mooi aan by iets wat ek geleer het toe ek Graham Cooke se boodskappe oor Identeit geluister het - hy het ook hierdie ding kom sê - vir elke probleem is daar reeds 'n oplossing. Ons moet net vra, Here hoe nou?

Hy het voorsien! Jurgens het gereël dat ons 'n as van 'n sleepwa wat reeds verkoop was (die eienaar moes dit net nog kom haal en het toestemming gegee dat ons dit mag kry!) van Windhoek na Outjo courier sodat die manne dit kon gaan haal en op ons sleepwa sit sodat ons steeds betyds terug kon kom SA toe. Prys die Here vir Sy voorsiening. Ons wag steeds om te hoor of Jurgens ons sleepwa gaan vervang of regmaak - ek hoop vir vervang, maar het vrede daaroor!

Iets anders wat ek beleef het die vakansie wat my diep geraak het, was "kindness". Ek onthou toe ons die Beth Moore kursus gedoen het oor die vrug van die Gees en gekom het by kindness het dit vir my uitgestaan want ek het nog nooit so daaroor gedink nie. Kom ek verduidelik:
Van Puros na die Marmble mines in Oropembe ry mens vir omtrent 17 km in die droë rivierloop. Dis baie dik sand. Maar die manne het die wiele goed afgeblaas en ons is gereed vir die avontuur wat wag. Ons val op 'n stadium vas en Albert moet ons kom uittrek, maar ons is rustig hieroor - dis deel van die avontuur. In die proses, kom daar 'n paar bakkies by ons langs wat dieselfde pad ry - vriendelike duitsers. Hulle vra of hulle kan help, maar die manne sê ons is reg - sal hulle nie asb net waar ons moet uitklim uit die rivierbedding vir ons klippe pak dat ons kan sien hoe om te ry nie? Want daar is nie padtekens nie! Ja, seker sê die Duitsers en daar gaan hulle.

Toe ons klaar uitgetrek is en besig is om Albert se sleepwa weer te haak, kom die een bakkie teruggery. Hy praat met die mans en verduidelik dat daar geen manier is wat ons (die Drysdales) met ons 2x4 en sleepwa daardie bult sal kan uitkom nie. Hy sal die sleepwa vir ons haak en dan kan ons agter hom aanry!

Ek het sommer gehuil. Hierdie man het nie nodig gehad om terug te draai om ons te kom help nie. Maar later verduidelik hy, dat hulle in die Sahara woestyn so vasgeval het en hoe hy moes sukkel en hy het gedink hy kan ons dit spaar!!! Hierdie was "kindness" wat my heeltemal anders laat kyk na my medemens wie se reis ek dalk kan help makliker maak!

Ook het ons toe ons teenspoed beleef het in Etosha soveel "kindness" beleef:
- die dame wat vir ons moes plek maak in die reeds vol bespreekte kamp omdat ons bespreking in 'n ander kamp was, maar ons nie tot daar kon ry nie.
- die vragmotor drywer wat op 'n Vrydagmiddag 15:30 vir Malcolm moes neem na waar die wa op sy maag lê en met groot gesukkel dit op die bak gehys het met die hyskraan.
- die verkoopsman, Arnold, in Windhoek wat sy beste gegee het om vir ons 'n plan te maak!
- die eienaar wat sy sleepwa se as vir ons afgestaan het.

Voorwaar gaan 2015 'n ander jaar wees :-) Mag hierdie boodskap julle bemoedig vir 2015 en mag jy aan die einde van 2015 ook jou eie stories kan vertel van hoe jy God se Hand in jou lewe kon sien, Sy stem kon hoor en nie net glo op grond van iemand anders se getuienis nie. Alles tot eer van Sy Wonderlike Naam.

Seën vir julle elkeen tot ons weer kuier.

Saturday, December 20, 2014

Stilte

Aan die einde van 2014 voel dit vir my asof my binnekant smag na stilte. Ek word nou die oggend stil en soos ek my Bybel lees is dit asof hierdie woorde soos die eerste sagte reëns is na 'n lang winter. Manna vir my siel. 

In elke opsig was 2014 'n buzzzzzzzz jaar. Voel of my kop nooit stil geword het nie! Maar helaas is daar nou 'n tyd van rus. Twee jaar gelede toe ons die suide van Namibië gaan ontdek het, het ek nie dieselfde terug gekom as wat ek was voor ons vertrek het nie. Daardie stilte en herontdek van Vader se teenwoordigheid in die natuur was oorweldigend. Ek onthou dat ek 'n God-bewustheid daar beleef het. Dit is waarna ek uitsien wanneer ons nou die Noorde van Namibië gaan verken. Wat 'n voorreg! 

Ek kyk saam met die kinders nou die dag die fliek The ultimate gift. Een van die geskenke was The gift of a day. Met die krieket toets wat vroeër klaar gemaak het, wen ons twee dae op ons vakansie en ek beleef hierdie as 'n groot geskenk! 

Wanneer ek dink aan 2015 besef ek, ek sal graag meer bewustelik wil leef! Nie net deur die 'motions' gaan nie, maar regtig elke oomblik indrink soos wat ons hierdie vakansie gaan doen. Baie meer stil word en wegtrek uit die buzzzzzzzz en meer fokus op wat God nou in hierdie oomblik wil kom doen. 

 Johannes 1:6-10 kry vir my 'n nuwe betekenis en ek besef dat ons is almal deur God gestuur soos Johannes, om Sy lig hier te kom reflekteer. Mag dit nog meer so wees van hierdie dag aan. Mag dit vir julle ook tot seën wees. 


6Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. 7Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. 8Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 10Hy wás in die wêreld — die wêreld het deur Hom tot stand gekom — en tog het die wêreld Hom nie erken nie.

Seën vir elkeen wat die boodskap lees tot ons weer kuier. 

Estelle 

Thursday, October 30, 2014

'n Ewige Hallelujah

Laas week Donderdag het ek 'n amazing tyd oppad werk toe saam met die Here in my motor. Ek luister na Matt Redman se CD, maar dis asof elke Jakaranda blommetjie daardie oggend donkerder pers is. Die lug is so donker grys-blou wat die belofte van reën inhou wat die kontras veroorsaak, maar soos ek die lied luister "An endless Hallelujah" is dit of daar net iets in my gees wakker gemaak word van ons wonderlike, wonderlike Vader.

Hierdie afgelope jaar het ons 'n vriendin, familielid en jarelange huisvriende van my ouers (die oom) verloor en sing hulle almal nou 'n Ewige Halelujah! Maar dis asof ek net beleeef dat Vader wil hê dat ons elke dag 'n Ewige Halelujah moet sing hier op aarde vir Hom :-)

Dit was eintlik vir my so wonderlik om tot hierdie besef te kom, want die vorige dag het ons bevestiging gekry dat ons 'n kursus (e-Learning for academics) wel gaan aanbied - ons het genoeg mense, maar die nuus kom soortvan 'n week te laat! Ek het 2 weke nodig om die kursus te paneelklop en reg te kry sodat die mense kan begin met die aanlyn komponent, 'n week voor die kontaktyd.

Terwyl ek werk toe ry, praat ek egter hierdie ding met die Here deur want ek besef ek het net nie genoeg tyd om hierdie betyds gereed te kry nie, maar ek het 'n vrede in my binnekant! Dis asof ek in daardie spesiale oomblik terwyl ek die onmoontlikheid van die situasie by Vader kom voorlê beleef hoe Hy my vrede kom gee en hoop op 'n wonderwerk!

Ek besef net ek het net soveel tyd, maar Vader kan my help om die onmoontlike steeds te vermag in die beperkinge wat ek beleef, ek moet rustig wees in my gees en terugstaan en kyk hoe hierdie gaan uitspeel. Vir die van julle wat my beter ken, sal weet, hierdie is 'n radikale kopskuif vir my want ek wil in beheer wees, maar die keer is dit net so 'n onmoontlike situasie. Dis reeds 'n week gelede en Dinsdag middag laat kon ek die uitnodiging om aan te teken uitstuur! Prys die Here! Sover het amper die helfte van die klas reeds aangeteken (hulle is net 12 :-), wat ook 'n wonderwerk is - gewoonlik kom die mense nie so vinnig uit die blokke uit nie :-)

Ek wil sommer julle aanmoedig om vandag na hierdie lied te gaan luister en mag dit jou ook inspireer om 'n Ewige Halleluja te gaan sing daar in die omstandighede waary jy jou bevind!

Watch "Endless Hallelujah Lyrics HD" on YouTube - Endless Hallelujah Lyrics HD: http://youtu.be/D16xiwqJYlE

Ek seën jou vandag met Ef3:16 Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word.

Groete tot ons weer kuier
Estelle

Dis hoe pers die jakarandas was daardie oggend. Foto geneem op kampus.

http://youtu.be/D16xiwqJYlE

Friday, October 10, 2014

Kuier tyd

Baie welkom by my eerste blog inskrywing.

Ek lees vanoggend Ps 8:10    o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!

Dit herinner my aan die lied van Hillsong I Believe (The Creed). Dis deel van hulle nuutste album No other Name. En om die musiekvideo te neem het hulle vir 60 minute op 21 elektroniese borde in Time Square, New York vertoon No other Name Jesus! Wow! Lees gerus die storie en hoe mense begin reageer het:
Hillsong Takes Over New York City's Times Square With 'Jesus,' 'No Other Name' Campaign
http://www.christianpost.com/news/hillsong-takes-over-new-york-citys-times-square-with-jesus-no-other-name-campaign-119125/

Ek het uiteindelik die week tyd gehad om 'n blog te begin!!!! Moenie vra hoe het ek tyd gekry nie? Kom ek sê net ek het weereens te vinnig probeer tuiskom van Johannesburg af en toe word ek tot stilstand geruk vir die week :-) Nou is julle lekker nuuskierig - ek het my voet erg verstuit.... Maar toe het ek tyd. En ek leer toe ook weer 'n paar lesse:

1. Dit betaal nie om so haastig te wil wees nie - wat is 15 minute nou in die groter prentjie????
2. Dis wonderlik om net meer rustig te wees en dinge stadiger te doen - stadiger te stap, stadiger te werk deur alles wat in jou kop aangaan, stadiger te moet tik want dis nie so gemaklik met die laptop op jou skoot en jou pootjie in die lug nie ;-)
3. Hoe wonderlik die Here se genade was om hierdie les vir my juis hierdie week te kom leer. Al 3 ons kinders was weg die week, so ek het net myself en my lieflike man gehad om na om te sien (maar ek het my kinders woes baie gemis!)

Ek noem die Blog: Kuier tyd. My hart is dat wanneer jy epos ontvang van hierdie blog - mits jy natuurlik gaan subscribe ;-) , dat jy hier sal weggaan met nuwe krag, bemoedig en versterk vir jou volgende reis. Alles tot eer van die Vader, Sy Seun Jesus Christus en die Heilige Gees. Daarom wil ek graag hierdie eerste inskrywing begin met hierdie woorde van die I believe lied van Hillsong want dis waarvoor ek staan. Maar dis ook wat ek bid dat elkeen van julle sal kies om voor te staan!

This I Believe (The Creed)" Lyrics [edit]
by Hillsong Worship | from the album No Other Name

VERSE
Our Father everlasting
The all creating One
God Almighty

Through Your Holy Spirit
Conceiving Christ the Son
Jesus our Saviour

CHORUS
I believe in God our Father
I believe in Christ the Son
I believe in the Holy Spirit
Our God is three in one
I believe in the resurrection
That we will rise again
For I believe in the Name of Jesus

VERSE
Our Judge and our Defender
Suffered and crucified
Forgiveness is in You

Descended into darkness
You rose in glorious life
Forever seated high

BRIDGE
I believe in You
I believe You rose again
I believe that Jesus Christ is Lord

CHORUS
I believe in life eternal
I believe in the virgin birth
I believe in the saints' communion
And in Your holy Church
I believe in the resurrection
When Jesus comes again
For I believe in the Name of Jesus

Luister gerus die lied op YouTube: http://www.youtube.com/watch?v=x7AQeYL9c74

Seënwense tot ons weer kuier :-)
Estelle