Saturday, May 25, 2019

My studiereis

Ek skryf hierdie 26 May 2019 waar ek terugkyk op my studiereis.

Dear friends, My name is Paul and I have been commissioned as an apostle of the Lord Jesus, the Messiah. My apostleship was not granted to me by any council of men, for I was appointed by Jesus, the Anointed One, and God the Father, who raised him from the dead. Galatians 1:1 TPT

Ek voel ook om soos Paulus myself voor te stel na hierdie seisoen van stilte! :-) 

Wat beteken commissioned? 
An instruction, command, or role given to a person or group.

Dit was my belewenis met die studies. In 2016 gesels ek na 'n biblical portrait of marriage kursus met 'n jongman wat oorweeg om 'n MBA te gaan studeer. Ek onthou die gesprek so goed. Ek is baie beslis dat hy moet seker maak of nou die beste tyd is vir studeer. 

'n Paar maande later, toe staan ek voor dieselfde keuse en soos ek uitklim uit my boot van gemak en my voete in die water sit, gaan die een deur na die ander net oop:
  • Ek het 'n afspraak met 'n kollega Oktober 2016 oor haar projek en die tool wat sy wil gebruik. Ek deel wat ek geleer het by die Johannesburg werk. Sy sê ek moet dit opskryf in 'n meestersgraad... 
  • Ek kyk na die vereistes, maar aansoek datum het reeds verstryk. Sy moedig my aan om met die hoof van die departement (HOD) te gaan gesels. 
  • Ek is soos Sarah wat lag oor die profesie van die engele dat sy gaan swanger raak... Maar ek gaan sien die HOD. 
  • Tot my verbasing sê sy hul begin die Maandag die aansoeke keur! Ek moet die naweek my CV en portefeulje opstel en instuur. 
  • Weer dink ek wat is die kans??? Ek het nie honneurs nie, maar sy verduidelik dat hulle baie B. Tech studente het wat aansoek doen vir die M in IT, so hulle kyk na jou voorgraadse studies en jare ondervinding... Hulle kies net 45 en hul kry so 60 aansoeke... Toe ek egter daar uitstap het ek 'n opgewondenheid in my binneste wat my verbaas! 
  • En daar gaan die eerste deur oop: ek word gekeur. Dit was die eerste wait for it oomblik op hierdie reis :-) 
  • Die gesin stem in, maar niemand van ons het voorsien die prys wat hierdie gaan kos nie... (niks met rand en sent uit te waai nie ) 
  • Na die eerste klas besef ek, ek is in die moeilikheid. Hierdie medestudente werk almal in 'n IT omgewing, ek is in onderwys (gekombineer met IT, maar dis basies net die tool....) 
  • Ek leer in twee jaar hoe om te bid vir wysheid. Meeste van ons eksamens is werkopdragte wat Vrydag beskikbaar word en voor Maandag 8:00 elektronies ingehandig moet word. Daar is nie teksboek antwoorde nie. Elkeen gaan die eksamen anders interpreteer en ook dit wat ons geleer het anders toepas omdat ons uit verskillende dissiplines kom. Ek onthou een van hierdie eksamens so goed! Dit was die rekenaarwerenskap vak. Ek het glad nie die terminologie verstaan van die vraag nie. Dus roep ek professor Google in. En so begin ek lees. Teen die Saterdag middag toe is ek huil moeg en moedeloos want ek voel steeds ek weet nie hoe om die eksamen te benader nie. Malcolm kry my in die badkamer waar ek sit en huil en hy begin daar vir my bid. Ek besluit daarna om net te begin skryf wat ek tot dusver gelees en leer het en dit toe te pas op e-leer. Sondag nag het ek ingegee. Ek was uiters verbaas toe die punte uitkom! Nog 'n wait for it oomblik. Ek het geweet in daardie oomblik dat Vader hier 'n wonderwerk kom doen het. En soveel meer elke opdrag en eksamen daarna. 
  • April 2017 ontvang ek 'n epos waarin ek kan aansoek doen vir 'n beurs. Ek doen so, maar hoor niks! Wait for it..... September 2017 toe ek my uitstaande rekening kry, toe sien ek die beurs is toegeken! Weereens sien ek die Here se hand van voorsiening hierin. Ek moes self vir die studies betaal omdat ek kontrakteur.
  • Soos ek hierdie pad stap leer ek 'n ander kant van my manne ken. Hulle ondersteun en dra koffie aan. In 2017 studeer ek en Graham saam - wat 'n voorreg! Die hap wat ek afgebyt het was net heelwat groter as sy matriek :-) 
Daar was so baie wat vir my gebid het vir wie ek ewig dankbaar sal wees want deur hul gebede het ek guns en seën beleef soos Paulus skryf:
I pray over you a release of the blessings of God’s undeserved kindness and total well-being that flows from our Father-God and from the Lord Jesus. He’s the Anointed Messiah who offered himself as the sacrifice for our sins! He has taken us out of this evil world system and set us free through our salvation, just as God desired. Galatians 1:3‭-‬4 TPT
En so het ek November 2018 my skripsie ingegee - ek het die opsie gekies om 'n artikel te skryf. Wait for it... En weereens was dit 'n humbling ervaring toe die punte kom! Ek wag nog om te hoor van 'n joernaal of hulle dit gaan publiseer... (Terwyl ek hierdie deel het ek einde 2019 gehoor dis nie aanvaar nie, en toe kom 2020.... miskien moes ek dit maar net vir die M skryf. Ek het vrede.)
All the glory will go to God alone, throughout time and eternity. Amen! Galatians 1:5 TPT
Ek leer God opnuut ken en sien 'n ander deel van Sy karakter wat ek nooit sou leer ken het as ek nie hierdie reis gestap het nie. Al die eer aan ons amazing God! 

Hierdie totale afhanklikheid van Hom vir wysheid en insig oor hoe om wat ek geleer het toe te pas, het nie by my studies opgehou nie! Die avontuur gaan voort in my werk met nuwe projekte en uitdagings waar ek tree vir tree net verstom staan oor hoe Hy my lei om probleme op te los. 

Die prys: sonder my man se ondersteuning sou hierdie reis nie moontlik gewees het nie! Ons is tans weer besig met 'n biblical portrait of marriage kursus. En ons het besef dat die Cleaving les vir ons hierdie jaar 'n uitdaging is. En dis die nagevolg (after effect?) van die studies. Dus moet ons ook nou in hierdie seisoen weer intensioneel mekaar aankleef en leer ken - dis soos om van vooraf te "date"! Wat 'n heerlike reis :-) 

So, die vraag is waarvoor is jy "commissioned"? Ek bid dat jy sal weet wat jou volgende "mission" is. 

Mag elke woord wat ek skryf eer bring aan ons Heer! Sonneblomme is my tema van die jaar: look to the Son! Mag jy elke keer wanneer ek iets deel daardeur aangemoedig word om aan te hou opkyk en Hom te soek as jou Bron van lewe! 

Seën vir jou wat hier lees tot ons weer kuier. 

No comments:

Post a Comment