Saturday, January 16, 2021

'n Nuwe lewensjaar

Gister het ek klaargemaak met die Flourish reis - wat 'n amazing jaar van groei saam met God! Dankie Here! Vir so lank was ek gefokus op oorlewing (survival mode) dat ek gemis het hoe God besig is met my - intensioneel - sonder om Homself op my af te dwing, maar op Sy sagte, dog ferm manier. Desember 2020 vra ek die Here vir 'n woord vir 2021 en ek kry Thrive. Not survive but Thrive. Dit beteken:
Definition of thrive
  1. to grow vigorously : FLOURISH
  2. to gain in wealth or possessions : PROSPER
  3. to progress toward or realize a goal despite or because of circumstances.
(Bron: Merriam-Webster dictionary
Ek verf vir my 'n klip om my te herinner: 

Die liedjie wat daarmee saamgaan is Thrive van Casting Crowns.

So besluit ek die laaste week van my vakansie om my kantoor skoon te maak - ek kom af op getuigskrifte:
  • Hoërskool aan die einde van matriek
  • Die dominee se getuigskrif aan die einde van matriek
  • AL my vorige werkgewers!
Ek lees dit en dis asof Vader my 'n kykie gee na wie Hy gemaak het - daar is sekere eienskappe wat so in my ingeweef is dat dit oor al hierdie lewensjare nog nooit verander het nie - ten spyte van wat al met my gebeur het - dit het nog nooit verander nie! Hoe amazing is dit nie!

Maar wat ek vanoggend besef is dit was net die begin van 'n wonderlike nuwe lewensreis vir hierdie jaar - daar is 'n voordeel aan om aan die begin van 'n nuwe jaar te verjaar ;-)

Sisterhood
In 2010 woon ek die Color conference by in Kaapstad. Aan die einde van die konferensie kry ons elkeen 'n boek wat Bobbie Housten se reis tot die Sisterhood verduidelik. Dis vol fotos en hoe God haar op 'n reis geneem het! Maar in dit besef ek, ek kom terug na my huis waar ek alleen stap ... Ek ken nie 'n sistehood nie. Ek het vriendinne, maar nie 'n sisterhood nie. So gesels ek met 'n vriendin en sy beduie dat sy gaan trek en haar plekkie in hulle vroue Bybelstudie gaan oop - wil ek dit nie vat nie?

Gister het elkeen van hulle weereens vir my 'n kykie kom gee na wie God my gemaak het! Sonder dat hulle weet met watter reis ek besig is.

Dit het begin egter die oggend vroeg al met die manne in my huis! Shauwn stuur vir my 'n briefie op whatsapp wat hy geskryf het van sy waarneming van wie ek is in ons huis. Jason gee vir my 'n papier hart - dis wat hy kan gee: liefde! William  (ons huurder) gee vir my 'n Lindt verskeidenheid sjokolade om my te herinner om gereed te wees vir die verskeidenheid verborge talente wat Vader die jaar vir my gaan openbaar. Graham gee vir my skoene met dik sole wat my voete van bereidheid gaan dra hierdie jaar en Malcolm gee vir my 'n belt wat simbolies is van die gordel van waarheid wat ek hierdie jaar mee moet ingaan.

My een vriendin bring vir my 'n voorskoot wat sy self geverf het - dit is awesome spesiaal waarin sy Woord spreek wat ek laasjaar in my kombuis laat verf het. 


My ander vriendin kom laai my op sodat ons kan gaan stap by Rademeyers - ons hou 'n volwasse kinderpatytjie: die lekkerste wortelkoek in Pretoria met koffie frezo's! Hierdeur kom bevestig die Here weer: Taste and see that the Lord is GOOD!

My ander vriendin doen 'n "drive through" met die mooiste Jakob-regop blommetjies uit haar tuin - dit word vir my 'n simbool van om regop te bly staan en te flourish hierdie jaar - maak nie saak wat die lewe na my kant toe gooi nie!

Julle, wat 'n voorreg! Wie het gesê dit moet sleg wees om in lock down te verjaar sonder om partytjie te hou?! Hierdie verjaarsdag word vir my 'n baie baie spesiale een wat ek diep in my hart bêre!

Dankbaarheid
Ek gaan hierdie onsekere jaar in met dankbaarheid want daar is net EEN SEKERHEID:
Isaiah 55:10-13
Amplified Bible, Classic Edition
10 For as the rain and snow come down from the heavens, and return not there again, but water the earth and make it bring forth and sprout, that it may give seed to the sower and bread to the eater,

11 So shall My word be that goes forth out of My mouth: it shall not return to Me void [without producing any effect, useless], but it shall accomplish that which I please and purpose, and it shall prosper in the thing for which I sent it.

12 For you shall go out [from the spiritual exile caused by sin and evil into the homeland] with joy and be led forth [by your Leader, the Lord Himself, and His word] with peace; the mountains and the hills shall break forth before you into singing, and all the trees of the field shall clap their hands.

13 Instead of the thorn shall come up the cypress tree, and instead of the brier shall come up the myrtle tree; and it shall be to the Lord for a name of renown, for an everlasting sign [of jubilant exaltation] and memorial [to His praise], which shall not be cut off.
Wat van jou?
Hoe lyk dit by jou? My gebed is dat Vader ons geestesoë sal oopmaak om Sy Hand in ons lewens hierdie jaar raak te sien, sodat ons aan Hom al die eer kan gee!

Seën vir jou lewensreis tot ons weer kuier.





No comments:

Post a Comment