Saturday, January 15, 2022

2022

 As daar 'n dag in my lewe is wat ek sou wou bottel dan is dit 15 Januarie 2022.

Ek word wakker om 00:50 met water wat loop. Die volgende gedagtes kom by my op:

  • Strome lewende water sal uit jou binneste vloei.
  • Wie het die buite kraan oop vergeet? Is dit die kraan?
Ek besef as ek weer wil slaap moet ek opstaan en gaan hoor wat is op die Here se hart. Soos ek in die gang afstap en by die hek kom waar die dakvensters begin, hoor ek die sagte druppels op die glas: Dit reën!! Hoe ontsagwekkend (awesome) om op my 50ste verjaarsdag om 00:50 bewus te word van die reën.

En dis hoe die dag beginne het!

Ek is tans besig om elke dag deur 'n ander boek in Spreuke te lees. Dus maak ek by Spreuke 15 oop:
Vers 1. "'n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom."
Ek beleef hierdie is die woord vir die nuwe seisoen wat ek betree.

Kom ons stap bietjie terug na die begin van Januarie. Ek gesels met 'n vriendin op 31 Desember wat met my deel wat sy geleer het in haar stoei met die einde van 2021 en oorgaan na 2022 = drumpel (threshold). Hoeveel betekenis daar steek in hoe ons 'n nuwe drempel betree. 'n Nuwe drempel is soos die oorgaan van 1999 na 2000. Maar ook 31 Desember na 1 Januarie. En ek besef in die aanloop voor 15 Januarie dat hierdie dag ook vir my 'n drumpel dag gaan wees. Dus is ek bewustelik besig in my kop om afskeid te neem van een seisoen en gereed te maak om die nuwe seisoen intens binne te gaan.

Tydens die refleksie onthou ek 'n woord wat 'n liewe vriend vir my gesê het tydens ons 31 Desember 1999 uitgaan: "Estelle, is soos 'n ongeslypte diamant." Wat ek in my refleksie besef het was hoe verskriklik kosbaar daardie stelling was! Amper 22 jaar later kry ek in November 2021 'n profetiese woord waar die persoon 'n diamant hangertjie sien. Dit het 'n baie uniek geslypte diamant in. Ek besef - dis 'n seisoen van 22 jaar waarin die Here op Sy sagte manier kom slyp het en my kom vorm het om al meer te word wie Hy my oorspronklik geskep het! En dis nou voltooi. Die hangertjie is klaar, maar die proses is nie 😃 Ek het 'n opgewondenheid want hierdie hangertjie moet hierdie volgende seisoen God se Vaderhart van liefde refklekteer - orals waar ek skouers skuur met mense. En dis moeiteloos want dis vanuit 'n Maria posisie (liefde) en nie 'n Martha posisie (werk) nie.

Terug by 15 Januarie 2022: Oomblik vir oomblik is ek bewustelik besig om die dag in te drink - die geur van die koffie wat brou, die kleur van die bessies op die tafel, die voorreg om vriendin diamante om my tafel te hê wat lag en later 'n sagte reën oomblik deel toe een van my vriendinne deel hoe God vir haar kom sê het die sagte reën van die nag was spesiaal vir my bedoel. Ek drink uit elkeen, die strome lewende water wat vloei na my toe deur die mooi wense, elke oproep, elke woord. Ek hoor en voel liefde en vrede en vreugde! Die woorde wat keer op keer bevestig word deur die loop van die dag.

Ek het aan die begin van Desember besef ek sal moet iets doen vir my verjaarsdag - dit gebeur immers net een keer dat mens hierdie mylpaal bereik, maar as gevolg van die goed wat ek in die jaar 2021 beleef het met op die randjie staan van uitbrand Feb 2021, covid Junie, intense moeg teen Desember - vra ek myself af , - waarvoor gaan ek kans sien Januarie 2022? Hoe gaan dit lyk? Gaan ons weer 'n Januarie beleef soos 2021 waar ons weer teruggaan in 'n beperkende grendelgreep - gaan dit veilig wees om mense te sien?

En so besluit ek - informeel is wat sal hanteerbaar wees. 15 Januarie is altyd 'n moeilike datum vir almal want die skole het pas begin of gaan begin, almal is pas terug van vakansie en in rep-en-roer om die nuwe jaar gereed te kry - wie gaan tyd op 'n Saterdag kan afstaan en wat van die familie? Almal is ver! My sus se nuwe skooljaar het dan pas begin - sy weet nog nie hoe lyk haar program wanneer ek moet uitnodigings stuur nie.... My swaer en skoonsus het dan pas verhuis in Desember na 'n nuwe stad - hulle kinders begin in nuwe skole ... My skoonouers vertrek altyd daardie tyd met vakansie .... "Hou dit net eenvoudig, Estelle" - gesels ek met myself. 

En so was dit 'n "eenvoudige" dag van lewe deel met my Pretoria sussies en 'n paar brawe boeties 😃. Ek kyk terug na die dag en ek is diep dankbaar. Hier is 'n stuk rus wat in my kom sit het wat ek so wil vasklou aan en nie wil verloor nie. Dis 'n stukkie wat ek sal wil bottel en elke oomblik bewus van wil wees in 2022 en die res van my lewe tot in ewigheid.

Ek is dankbaar vir elke persoon - van my bloedfamilie, aangetroude familie, geesfamilie, kollegas tot kennisse - mense wat ek dalk vir 'n vlietende oomblik mee skouers kon skuur hierdie afgelope 50 jaar! Here, U is so getrou! U het elkeen doelbewus oor my pad gestuur soos Spreuke 27:17 sê:
"Yster slyp yster
en so vorm vriende mekaar."
 Wat 'n voorreg om LEWE te mag deel - U lewe wat U meesterlik vir my kom gee het Ps139:14:

"I will give thanks and praise to You, for I am fearfully and wonderfully made;
Wonderful are Your works,
And my soul knows it very well."

Here mag U verheerlik word in die volgende 50 jaar of solank U wil vir my is en vir ewig hierna!

Tuesday, June 8, 2021

Hou moed

Nou hoe hou ons moed wanneer hier soveel onsekerheid in ons wêreld aan die gang is?

Hoor gou weer hier:

Hebreërs 12

Volharding onder beproewinge volgens die voorbeeld van Christus.

1DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

2die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

3Want julle moet ag gee op Hom wat so 'n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

4Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

Die Amplified weergawe sê dit so:

"let us run with patient endurance and steady and active persistence the appointed course of the race that is set before us,

2 Looking away [from all that will distract] to Jesus, Who is the Leader and the Source of our faith [giving the first incentive for our belief] and is also its Finisher [bringing it to maturity and perfection]."

Waaraan hou ons vas wanneer ons allerhande uitdagings beleef?
Maandag het ek vir 'n oomblik fokus verloor - genadiglik het ek die vrees wat my oorval het kon deel met ons selgroep en dadelik kom die waarheid: Estelle, onthou wie is jou Bron - nie die werk nie, God! Ons het God se waarheid so nodig elke oomblik en elke gedagte wat ons dink.

Gister moes ek weer vasmaak in my hart:

  • God is liewer vir my geliefdes as wat ek ooit vir hulle kan wees.

Hy belowe:

Ps 23:4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

Heb13:5b Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. 6Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?

Henning het dit in sy preek so mooi verduidelik met 'n bloedrooi tou - waaraan hou ons vas? 

Soos ons die wêreld bekyk besef ek net die stryd gaan vir ons gelowiges net feller word. Ons moet God se waarheid vasmaak in ons harte vir die tye wat die aanvalle kom.

Malcolm het 'n paar jaar gelede 'n droom gehad hoe hy en 'n persoon stap op hierdie klippad en daar val klippe (boulders) op die persoon, maar telkens staan sy net op en gaan aan sonder 'n skrapie of seerplek. Toe ek vanoggend weer hieraan dink, besef ek dit is in ons wêreld besig om te gebeur - die klippe wat neerdaal van hoe ons wêreld beskouing is rondom geslag, seksualiteit, verhoudinge, die huwelik, ens. Ons moet vasmaak:

  • Waarvoor staan ons.
  • Wie is ons - wat die wêreld sê of wat God oor ons sê.
  • Wie is die skare gelowiges wat ons aanmoedig op hierdie wedloop van die lewe?

Mag ek jou vandag bemoedig om vas te byt ten spyte van wat jy ookal moet in die oë kyk:

Ps 68:20 Geloof sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons hulp! Sela.

Ek deel hierdie gebed wat 'n vriendin gisteraand vir my mee bemoedig het:

Hemelse VADER, help my om dag tot dag te leef, om nie bang te wees vir wat môre gaan bring nie. Baie dankie dat U my elke dag dra! Amen

Seën vir jou reis tot ons weer kuier.

Saturday, May 15, 2021

Blom waar jy geplant is

Vir vier jaar skryf ek nie - 2017 en 2018 studeer ek, 2019 moet ek weer begin om te leer hoe om te lewe, 2020 wel, julle almal is ook geraak deur 2020 en in Februarie 2021 toe kom ek tot stilstand op 'n harde manier.

Ek het geskryf oor my studiereis geskryf einde 2018, maar nooit dit gedeel nie - lees gerus hier.

Vandag kyk ek terug en deel graag 'n stukkie van my avontuur saam met my liefdevolle God.

Vader, dankie - dankie vir elke tree wat U my lewe lank saam met my gegee het en dat dit my moed gee vir die volgende tree want ek WEET deur terug te kyk U het my nooit verlaat en nooit in die steek gelaat nie en U sal ook nie! Ek loof en prys U vir wie U IS! Amen

In 2019 stap ons een oggend en ek tel 'n 10 sent op:

Daarop is 'n lelie en so begin my reis met blomme.

Ek sien een oggend die daglelies blom waar ek wag vir die Uber om my werk toe te vat:

Geel dag lelie

Wat beteken lelies in die Bybel? Ek dink aan "Lily of the valley" en gaan besoek Prof Google.

"Lily of the valley (Convallaria majalis) is a fragrant flowering plant used in religious ceremonies, world celebrations, perfumes and in gardens. Also known as the May lily, it means "return to happiness" and most often symbolizes chastity, purity, happiness, luck and humility." (https://www.gardenguides.com/13426295-what-is-the-meaning-of-lily-of-the-valley.html)

Dit herinner my ook aan die roos wat 'n maat van Jason vir my uit hout gekap het en in hierdie mooi papier toegedraai het - dit was vir my super spesiaal!


Ek gaan soek roos in die Bybel:
"THE WILDERNESS and the dry land shall be glad; the desert shall rejoice and blossom like the rose and the autumn crocus. It shall blossom abundantly and rejoice even with joy and singing. The glory of Lebanon shall be given to it, the excellency of [Mount] Carmel and [the plain] of Sharon. They shall see the glory of the Lord, the majesty and splendor and excellency of our God." Isaiah 35:1‭-‬2 AMPC
Iemand deel op 'n whatsapp groepie hierdie inligting oor "The Rose of Sharon":
"Isn’t this flowers that looks like it’s been crocheted stunningly beautiful?
It’s seeds lie dormant in desert sands for years and with the smallest amount of water, it begins to grow again. It’s called “The Rose of Sharon” - one of Jesus’ names. What a Creator we serve"

Dit praat met my siel! Maak nie saak hoe bleek die lewe op daardie stadium in my kop lyk nie, daar gaan 'n tyd kom van blom!

Die reis hou nie op nie. Op 4 September 2020 stuur iemand vir my die stukkie:

"Rita Maree is 'n profeet wat ek al jare ken. 
The desert will rejoice and flowers will bloom in the wilderness:
The desert will sing and shout for joy; it will be as beautiful as the Lebanon Mountains and as fertile as the fields of Carmel and Sharon. Everyone will see the LORD's splendour, see His greatness and power. Give strength to hands that are tired and to knees that tremble with weakness. Tell everyone who is discouraged: Be strong and don't be afraid! God is coming to your rescue, coming to punish your enemies. The blind will be able to see, and the deaf will hear. The lame will leap and dance, and those who cannot speak will shout for joy. Streams of water will flow through the desert; the burning sand will become a lake, and dry land will be filled with springs. Where jackals used to live, marsh grass and reeds will grow. There will be a highway there, called The Road of Holiness. No sinner will ever travel that road; no fools will mislead those who follow it. No lions will be there; no fierce animals will pass that way. Those whom the LORD has rescued will travel home by that road. They will reach Jerusalem with gladness, singing and shouting for joy. They will be happy for ever, for ever free from sorrow and grief Isaiah 35:1-10
Many are facing a wilderness or desert journey.. But take heart, He will use our experiences here to cause this desert season to blossom. For in the desert the Father speaks and awakens our hearts to hear. The word for desert in Hebrew = the place of speaking.
There are ten named wildernesses in the desert wanderings of the Israelites. Moses led Israel from the Red Sea into the Wilderness of Shur. For three days they trekked through the wilderness without finding water Exo 15:22. Shur in Hebrew means = a wall, hemmed in, or limited. God led them along a wall what they could not escape. None of us are escaping the wilderness.. especially now with the worldwide coronavirus lockdown. We’re up against a wall to a place of limitation. It a place to trade our limitations for His limitless grace, mercy, love & power. Limitations are His veiled opportunities for His miracle provisions. Beloved there is a realm of plenty just beyond our limitations. The end of our strength is the beginning of His. The wilderness is a place in life we don’t want to be, but where His glory meets with our barren souls.
After a new revelation, a new test will often follow - As He heard the heavenly voice proclaim: My Son, you are My beloved one Luke 3:21–22 He was led into the wilderness to face the temptation of Satan. It was the Word of His Father that gave Him His strength to breakthrough. It’s in this land of limitation that our sonship is proven. Nothing will harm us when we find our place seated with our Father on His throne in the heavenly places.
Great problems often follow great victories - After the miracle of the parting of the sea, there’s usually a desert. The Israelites had just been delivered from their enemy at the Red Sea and were on their way to the promised land when, three days in when they experienced a shortage of water. Victory is often between the lessons we learn from our difficulties.
Testing comes before resting - When we turn our faces to Christ in the midst of pain and impossibility, Christlike character is formed within us. Miracles are meant to do more than bless us; they’re are also meant to show us that God’s faithfulness will not fail when the dry desert days come. The Israelites knew that God was powerful, but they did not yet know that He was good in all difficulties of life."

 Wat ek moet leer is dat U goed is "in all difficulties of life". Hierdie is waarheid!

"In the midst of our difficulties God designs tests that teach us His ways - When we are thirsty and instead of sweet water we found the waters of Marah that is bitter and undrinkable. So the people vented their anger and grumbled against Moses and said, What are we to drink? Exo 15:24 - The Hebrews cried out to Moses for water, but not to God. But He alone can make all bitter waters sweet. Father can make all wrongs right.
We can shorten the wilderness by allowing God’s purpose to be fulfilled in it - The sooner we learn the lessons here, the sooner we will be promoted and given the grace to move out. We see the wilderness as outside circumstances around us, but it’s the wilderness within us that He is really after. We must go heart deep. The beginning of your miracle is at work inside you. Hope is an anchor that goes beyond to fasten our soul to Christ sure and steadfast. Run into His heart to hide yourself in His faithfulness.

Vader, ek hol na U ope arms. Ek gee hierdie .... oor. Here, help my want ek is swak. 

We have this certain hope like a strong, unbreakable anchor holding our souls to God Himself Hebr 6:18–19. Even if we are up against a wall all we can do is run into His heart for safety! The character of God is a tower of strength, for the lovers of God delight to run into His heart Prov 18:10. Tower of strength is Hebrew = Migdal it can be translated as bed of flowers. When His character is perfected in us, it becomes like a bed of flowers: fragrant and peaceful. A beautiful resting place for our souls. May your heart be awakened!
The wilderness and dry land will be glad. The desert will rejoice and blossom like a lily. It will blossom profusely… Isaiah 35:1-2. Lean into Him and let Him arrange our priorities and remove our distractions. His strength will overshadow us and it will give us the courage and discipline to move forward with renewed focus."

En so is ek vanoggend bewus dat ek hierdie reis moet deel. Soveel het gebeur sedert ek daardie 10 sent opgetel het - ek het myself toegelaat vir hierdie diep hartsreis en God op Sy wonderlike, "gentle" manier het kom skoon maak in my hart en kop die leuns wat ek geglo het en soms steeds mee gekonfronteer word.

Dit herinner my aan Ps 145:10-13:

Everything you have made will praise you, fulfilling its purpose. And all your godly lovers will be found bowing before you. They will tell the world of the lavish splendor of your kingdom and preach about your limitless power. They will demonstrate for all to see your miracles of might and reveal the glorious majesty of your kingdom. You are the Lord who reigns over your never-ending kingdom through all the ages of time and eternity! You are faithful to fulfill every promise you’ve made. You manifest yourself as kindness in all you do. Psalms 145:10‭-‬13 TPT

Vanoggend wil ek saam met Ps 145 jubel en juig vir wie U IS, my God en Here!

Hoe lyk dit by jou? Blom jy waar jy geplant is?

Seën vir jou hartsreis.

Saturday, January 16, 2021

'n Nuwe lewensjaar

Gister het ek klaargemaak met die Flourish reis - wat 'n amazing jaar van groei saam met God! Dankie Here! Vir so lank was ek gefokus op oorlewing (survival mode) dat ek gemis het hoe God besig is met my - intensioneel - sonder om Homself op my af te dwing, maar op Sy sagte, dog ferm manier. Desember 2020 vra ek die Here vir 'n woord vir 2021 en ek kry Thrive. Not survive but Thrive. Dit beteken:
Definition of thrive
  1. to grow vigorously : FLOURISH
  2. to gain in wealth or possessions : PROSPER
  3. to progress toward or realize a goal despite or because of circumstances.
(Bron: Merriam-Webster dictionary
Ek verf vir my 'n klip om my te herinner: 

Die liedjie wat daarmee saamgaan is Thrive van Casting Crowns.

So besluit ek die laaste week van my vakansie om my kantoor skoon te maak - ek kom af op getuigskrifte:
  • Hoërskool aan die einde van matriek
  • Die dominee se getuigskrif aan die einde van matriek
  • AL my vorige werkgewers!
Ek lees dit en dis asof Vader my 'n kykie gee na wie Hy gemaak het - daar is sekere eienskappe wat so in my ingeweef is dat dit oor al hierdie lewensjare nog nooit verander het nie - ten spyte van wat al met my gebeur het - dit het nog nooit verander nie! Hoe amazing is dit nie!

Maar wat ek vanoggend besef is dit was net die begin van 'n wonderlike nuwe lewensreis vir hierdie jaar - daar is 'n voordeel aan om aan die begin van 'n nuwe jaar te verjaar ;-)

Sisterhood
In 2010 woon ek die Color conference by in Kaapstad. Aan die einde van die konferensie kry ons elkeen 'n boek wat Bobbie Housten se reis tot die Sisterhood verduidelik. Dis vol fotos en hoe God haar op 'n reis geneem het! Maar in dit besef ek, ek kom terug na my huis waar ek alleen stap ... Ek ken nie 'n sistehood nie. Ek het vriendinne, maar nie 'n sisterhood nie. So gesels ek met 'n vriendin en sy beduie dat sy gaan trek en haar plekkie in hulle vroue Bybelstudie gaan oop - wil ek dit nie vat nie?

Gister het elkeen van hulle weereens vir my 'n kykie kom gee na wie God my gemaak het! Sonder dat hulle weet met watter reis ek besig is.

Dit het begin egter die oggend vroeg al met die manne in my huis! Shauwn stuur vir my 'n briefie op whatsapp wat hy geskryf het van sy waarneming van wie ek is in ons huis. Jason gee vir my 'n papier hart - dis wat hy kan gee: liefde! William  (ons huurder) gee vir my 'n Lindt verskeidenheid sjokolade om my te herinner om gereed te wees vir die verskeidenheid verborge talente wat Vader die jaar vir my gaan openbaar. Graham gee vir my skoene met dik sole wat my voete van bereidheid gaan dra hierdie jaar en Malcolm gee vir my 'n belt wat simbolies is van die gordel van waarheid wat ek hierdie jaar mee moet ingaan.

My een vriendin bring vir my 'n voorskoot wat sy self geverf het - dit is awesome spesiaal waarin sy Woord spreek wat ek laasjaar in my kombuis laat verf het. 


My ander vriendin kom laai my op sodat ons kan gaan stap by Rademeyers - ons hou 'n volwasse kinderpatytjie: die lekkerste wortelkoek in Pretoria met koffie frezo's! Hierdeur kom bevestig die Here weer: Taste and see that the Lord is GOOD!

My ander vriendin doen 'n "drive through" met die mooiste Jakob-regop blommetjies uit haar tuin - dit word vir my 'n simbool van om regop te bly staan en te flourish hierdie jaar - maak nie saak wat die lewe na my kant toe gooi nie!

Julle, wat 'n voorreg! Wie het gesê dit moet sleg wees om in lock down te verjaar sonder om partytjie te hou?! Hierdie verjaarsdag word vir my 'n baie baie spesiale een wat ek diep in my hart bêre!

Dankbaarheid
Ek gaan hierdie onsekere jaar in met dankbaarheid want daar is net EEN SEKERHEID:
Isaiah 55:10-13
Amplified Bible, Classic Edition
10 For as the rain and snow come down from the heavens, and return not there again, but water the earth and make it bring forth and sprout, that it may give seed to the sower and bread to the eater,

11 So shall My word be that goes forth out of My mouth: it shall not return to Me void [without producing any effect, useless], but it shall accomplish that which I please and purpose, and it shall prosper in the thing for which I sent it.

12 For you shall go out [from the spiritual exile caused by sin and evil into the homeland] with joy and be led forth [by your Leader, the Lord Himself, and His word] with peace; the mountains and the hills shall break forth before you into singing, and all the trees of the field shall clap their hands.

13 Instead of the thorn shall come up the cypress tree, and instead of the brier shall come up the myrtle tree; and it shall be to the Lord for a name of renown, for an everlasting sign [of jubilant exaltation] and memorial [to His praise], which shall not be cut off.
Wat van jou?
Hoe lyk dit by jou? My gebed is dat Vader ons geestesoë sal oopmaak om Sy Hand in ons lewens hierdie jaar raak te sien, sodat ons aan Hom al die eer kan gee!

Seën vir jou lewensreis tot ons weer kuier.





Saturday, May 25, 2019

My studiereis

Ek skryf hierdie 26 May 2019 waar ek terugkyk op my studiereis.

Dear friends, My name is Paul and I have been commissioned as an apostle of the Lord Jesus, the Messiah. My apostleship was not granted to me by any council of men, for I was appointed by Jesus, the Anointed One, and God the Father, who raised him from the dead. Galatians 1:1 TPT

Ek voel ook om soos Paulus myself voor te stel na hierdie seisoen van stilte! :-) 

Wat beteken commissioned? 
An instruction, command, or role given to a person or group.

Dit was my belewenis met die studies. In 2016 gesels ek na 'n biblical portrait of marriage kursus met 'n jongman wat oorweeg om 'n MBA te gaan studeer. Ek onthou die gesprek so goed. Ek is baie beslis dat hy moet seker maak of nou die beste tyd is vir studeer. 

'n Paar maande later, toe staan ek voor dieselfde keuse en soos ek uitklim uit my boot van gemak en my voete in die water sit, gaan die een deur na die ander net oop:
  • Ek het 'n afspraak met 'n kollega Oktober 2016 oor haar projek en die tool wat sy wil gebruik. Ek deel wat ek geleer het by die Johannesburg werk. Sy sê ek moet dit opskryf in 'n meestersgraad... 
  • Ek kyk na die vereistes, maar aansoek datum het reeds verstryk. Sy moedig my aan om met die hoof van die departement (HOD) te gaan gesels. 
  • Ek is soos Sarah wat lag oor die profesie van die engele dat sy gaan swanger raak... Maar ek gaan sien die HOD. 
  • Tot my verbasing sê sy hul begin die Maandag die aansoeke keur! Ek moet die naweek my CV en portefeulje opstel en instuur. 
  • Weer dink ek wat is die kans??? Ek het nie honneurs nie, maar sy verduidelik dat hulle baie B. Tech studente het wat aansoek doen vir die M in IT, so hulle kyk na jou voorgraadse studies en jare ondervinding... Hulle kies net 45 en hul kry so 60 aansoeke... Toe ek egter daar uitstap het ek 'n opgewondenheid in my binneste wat my verbaas! 
  • En daar gaan die eerste deur oop: ek word gekeur. Dit was die eerste wait for it oomblik op hierdie reis :-) 
  • Die gesin stem in, maar niemand van ons het voorsien die prys wat hierdie gaan kos nie... (niks met rand en sent uit te waai nie ) 
  • Na die eerste klas besef ek, ek is in die moeilikheid. Hierdie medestudente werk almal in 'n IT omgewing, ek is in onderwys (gekombineer met IT, maar dis basies net die tool....) 
  • Ek leer in twee jaar hoe om te bid vir wysheid. Meeste van ons eksamens is werkopdragte wat Vrydag beskikbaar word en voor Maandag 8:00 elektronies ingehandig moet word. Daar is nie teksboek antwoorde nie. Elkeen gaan die eksamen anders interpreteer en ook dit wat ons geleer het anders toepas omdat ons uit verskillende dissiplines kom. Ek onthou een van hierdie eksamens so goed! Dit was die rekenaarwerenskap vak. Ek het glad nie die terminologie verstaan van die vraag nie. Dus roep ek professor Google in. En so begin ek lees. Teen die Saterdag middag toe is ek huil moeg en moedeloos want ek voel steeds ek weet nie hoe om die eksamen te benader nie. Malcolm kry my in die badkamer waar ek sit en huil en hy begin daar vir my bid. Ek besluit daarna om net te begin skryf wat ek tot dusver gelees en leer het en dit toe te pas op e-leer. Sondag nag het ek ingegee. Ek was uiters verbaas toe die punte uitkom! Nog 'n wait for it oomblik. Ek het geweet in daardie oomblik dat Vader hier 'n wonderwerk kom doen het. En soveel meer elke opdrag en eksamen daarna. 
  • April 2017 ontvang ek 'n epos waarin ek kan aansoek doen vir 'n beurs. Ek doen so, maar hoor niks! Wait for it..... September 2017 toe ek my uitstaande rekening kry, toe sien ek die beurs is toegeken! Weereens sien ek die Here se hand van voorsiening hierin. Ek moes self vir die studies betaal omdat ek kontrakteur.
  • Soos ek hierdie pad stap leer ek 'n ander kant van my manne ken. Hulle ondersteun en dra koffie aan. In 2017 studeer ek en Graham saam - wat 'n voorreg! Die hap wat ek afgebyt het was net heelwat groter as sy matriek :-) 
Daar was so baie wat vir my gebid het vir wie ek ewig dankbaar sal wees want deur hul gebede het ek guns en seën beleef soos Paulus skryf:
I pray over you a release of the blessings of God’s undeserved kindness and total well-being that flows from our Father-God and from the Lord Jesus. He’s the Anointed Messiah who offered himself as the sacrifice for our sins! He has taken us out of this evil world system and set us free through our salvation, just as God desired. Galatians 1:3‭-‬4 TPT
En so het ek November 2018 my skripsie ingegee - ek het die opsie gekies om 'n artikel te skryf. Wait for it... En weereens was dit 'n humbling ervaring toe die punte kom! Ek wag nog om te hoor van 'n joernaal of hulle dit gaan publiseer... (Terwyl ek hierdie deel het ek einde 2019 gehoor dis nie aanvaar nie, en toe kom 2020.... miskien moes ek dit maar net vir die M skryf. Ek het vrede.)
All the glory will go to God alone, throughout time and eternity. Amen! Galatians 1:5 TPT
Ek leer God opnuut ken en sien 'n ander deel van Sy karakter wat ek nooit sou leer ken het as ek nie hierdie reis gestap het nie. Al die eer aan ons amazing God! 

Hierdie totale afhanklikheid van Hom vir wysheid en insig oor hoe om wat ek geleer het toe te pas, het nie by my studies opgehou nie! Die avontuur gaan voort in my werk met nuwe projekte en uitdagings waar ek tree vir tree net verstom staan oor hoe Hy my lei om probleme op te los. 

Die prys: sonder my man se ondersteuning sou hierdie reis nie moontlik gewees het nie! Ons is tans weer besig met 'n biblical portrait of marriage kursus. En ons het besef dat die Cleaving les vir ons hierdie jaar 'n uitdaging is. En dis die nagevolg (after effect?) van die studies. Dus moet ons ook nou in hierdie seisoen weer intensioneel mekaar aankleef en leer ken - dis soos om van vooraf te "date"! Wat 'n heerlike reis :-) 

So, die vraag is waarvoor is jy "commissioned"? Ek bid dat jy sal weet wat jou volgende "mission" is. 

Mag elke woord wat ek skryf eer bring aan ons Heer! Sonneblomme is my tema van die jaar: look to the Son! Mag jy elke keer wanneer ek iets deel daardeur aangemoedig word om aan te hou opkyk en Hom te soek as jou Bron van lewe! 

Seën vir jou wat hier lees tot ons weer kuier. 

Wednesday, January 25, 2017

Leef LIG

Aan die begin van 2017 is ek baie bewus van 'n nuwe seisoen - 'n baie anderster, nuwe seisoen!

Ek lees vanoggend op YouVersion se vers van die dag, Spreuke 16:24 in die Amplified Classic weergawe (AMPC):
Pleasant words are as a honeycomb, sweet to the mind and healing to the body.

Mag, soos jy hierdie jaar hierdie boodskappe lees, "soet vir die siel en ’n genesing vir die gebeente wees" (Afrikaanse 1933 vertaling).

Soos ek stil word een oggend in Januarie lees ek Efesiërs 1: 17 - 21 (AMPC):

17 [For I always pray to] the God of our Lord Jesus Christ, the Father of glory, that He may grant you a spirit of wisdom and revelation [of insight into mysteries and secrets] in the [deep and intimate] knowledge of Him,

en soos ek lees is ek dadelik nuuskierig want in die vakansie het ek Kolosense 3 "geëet" en vers 1 daar staan:
If then you have been raised with Christ [to a new life, thus sharing His resurrection from the dead], aim at and seek the [rich, eternal treasures] that are above, where Christ is, seated at the right hand of God.

Rich, eternal treasures en mysteries and secrets ....
Hoe werk dit?  En hier kom die antwoord :-)

18 By having the eyes of your heart flooded with light, so that you can know and understand the hope to which He has called you, and how rich is His glorious inheritance in the saints (His set-apart ones),
19 And [so that you can know and understand] what is the immeasurable and unlimited and surpassing greatness of His power in and for us who believe, as demonstrated in the working of His mighty strength,
20 Which He exerted in Christ when He raised Him from the dead and seated Him at His [own] right hand in the heavenly [places],
21 Far above all rule and authority and power and dominion and every name that is named [above every title that can be conferred], not only in this age and in this world, but also in the age and the world which are to come.

Ek is soooo opgewonde want ek hoef niks te doen nie, net die pad saam met God hierdie jaar te stap en Hy gaan vir my wys wat is hierdie "rich, eternal treasures and mysteries and secrets".  Dit herinner my aan Ps 119:105 wat sê:
"Your word is a lamp to my feet and a light to my path."

En soos ek verder begin krap in hierdie lig tema lees ek in Spreuke 6:23
"For the commandment is a lamp, and the whole teaching [of the law] is light, and reproofs of discipline are the way of life,"

Iemand verduidelik dit dat God se reëls daar is om ons te beskerm.  Dis vir ons die lig.  Is dit nie soms hoekom dit so donker om ons is nie?  Juis omdat ons (ek hoor so baie keer hoe mense praat) mos Nuwe Testament gelowiges is ...

Psalm 19:8 sê: "The precepts of the Lord are right, rejoicing the heart; the commandment of the Lord is pure and bright, enlightening the eyes."

Hier is die enlightening the eyes weer!  :-)

Psalm 32:8 sê God: "I [the Lord] will instruct you and teach you in the way you should go; I will counsel you with My eye upon you."

Wat 'n wonderlike belofte om hierdie jaar mee in te gaan?
 - Ons stap nie alleen nie! God is elke oomblik, elke asemteug saam met ons. Sy oog is oor ons!
 - Hy wil ons oë verlig met wie Hy is, sodat ons in die donker wêreld daar buite vir mense die waarheid van Wie HY IS, kan gaan leef.

En toe kom ons Sondag in die kerk en hier is die tema Kleur jou wêreld in met die kleur van God. Hoe lyk dit prekaties om sout en om lig vir die wêreld te wees? Mat 5: 14-17 AMPC

13 You are the salt of the earth, but if salt has lost its taste (its strength, its quality), how can its saltness be restored? It is not good for anything any longer but to be thrown out and trodden underfoot by men.
14 You are the light of the world. A city set on a hill cannot be hidden.
15 Nor do men light a lamp and put it under a peck measure, but on a lampstand, and it gives light to all in the house.
16 Let your light so shine before men that they may see your [z]moral excellence and your praiseworthy, noble, and good deeds and [aa]recognize and honor and praise and glorify your Father Who is in heaven.
17 Do not think that I have come to do away with or [ab]undo the Law or the Prophets; I have come not to do away with or undo but to complete and fulfill them.

Die Message vertaling klink so:
13 “Let me tell you why you are here. You’re here to be salt-seasoning that brings out the God-flavors of this earth. If you lose your saltiness, how will people taste godliness? You’ve lost your usefulness and will end up in the garbage.
14-16 “Here’s another way to put it: You’re here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept. We’re going public with this, as public as a city on a hill. If I make you light-bearers, you don’t think I’m going to hide you under a bucket, do you? I’m putting you on a light stand. Now that I’ve put you there on a hilltop, on a light stand—shine! Keep open house; be generous with your lives. By opening up to others, you’ll prompt people to open up with God, this generous Father in heaven.

Gaan luister gerus hoe Jurie Kriel dit verduidelik:
God se intensie was nog altyd dat ons wêreld met Sy lig ingekleur moet wees. Ons is hier om saam met Hom ‘God se kleur’ uit te bring oral waar ons gaan. https://www.doxadeo.org/oos/sermon/kleur-jou-wereld/

Mag ek jou aanmoedig om hierdie jaar LIG te gaan leef! Reflekteer die pragtige kleure van die reënboog in al jou doen en late.

Tot ons weer kuier
Estelle

Wednesday, February 11, 2015

Leef in die oomblik

Gisteroggend lees ek die opskrifte op Beeld dat Koeberg se "glipsie" ons 7 miljard rand gekos het.  Nou, ek het nie die berig gelees nie - koerantopskrifte langs die pad is die naaste wat ek kom aan 'n koerant ....  Maar die opskrif het my tog aan die dink gesit.

Ja, iemand het iewers 'n fout gemaak en dit het ons belastingbetalers verskriklik baie geld gekos, om nie eens te praat van die frustrasie om nie altyd krag te hê nie, maar tevrede te wees met Eskom se dankie dat ons ons krag gebruik beperk, al betaal ons vir hierdie diens!  En ek kan seker nog verskriklik baie aangaan, maar ek bewaar vandag my hart!

Want kom ons dink bietjie hieroor - hoeveel kere maak ons nie ook "glipsies" nie?  Of dit nou is om onredelik te wees met ons kinders, of ongeduldig met die kasier in die inkopiesentrum of vir iemand iets toe te snou wat voor jou inry of om waar ookal iemand anders te benadeel ....

Niemand van ons is sonder foute en beleef elke dag 'n hemel op aarde dag nie!  Wat kos daardie "glipsies" ons? Of iemand anders betaal die prys, nie ons nie - soos daardie liedjie van Casting Crowns - Just another birtday - waar die dogter wag vir haar pa om haar te bel met haar verjaarsdag en hoe sy aanvanklik verskonings maak en dink dit is OK, maar soos sy ouer word besef, dit is nie OK nie.  Tot sy uiteindelik vrede vind by haar Hemelse Pappa wat die ENIGSTE EEN is wat ons nooit sal teleurstel nie! (Luister gerus daarna by: www.youtube.com/watch?v=-Tu6NQ4L01w)

Maar ons kan dit anders doen!  Al het ons reeds tonne foute gemaak, kan ons klaar maak daarmee en weer elke dag genade vind by Vader wat vir ons eerste liefgehad het en steeds lief is.

Ek is besig om aan 'n projek te werk waar ek 12 inspirasie oomblikke geskryf deur Prof Ronny Webber-Youngman (hy is die Hoof van die Mynbou Ingeneursdepartement by UP) op CD sit en ek is telkens so aangeraak deur hierdie gedeeltes wat hy deel want ek weet dit is ook sy lewensfilosofie waarvolgens hy leef.

Ek deel graag met julle hierdie een.  Ronny skryf "It was during a visit to a pastor friend of mine in Scotland, Reverend Jan Steyn in 2013 that I was introduced to one of the most inspiring websites one can find, namely Ted.com.  I was then introduced to Benjamin Zander as one of the best motivational, no rather best inspirational speakers that I have ever seen or heard.  It was a life changing experience.  If you never liked or listened to classical music and the message that Benjamin drew from it, be warned, it can also change your life.  Until now it still remains one of my most favourite inspirational talks I ever listened to.  Are you the conductor in your own life and do you make other people’s eyes shine? Well then go and listen to Benjamin and I hope you enjoy it as much as I did."
http://www.ted.com/talks/benjamin_zander_on_music_and_passion

Hierdie stuk het met my gepraat want aan die einde van laas jaar het ek besef dat ek die hele tyd in die toekoms leef.  Ek moet my lewe tot op die haar toe beplan net om te voel ek kom by alles en almal uit en deur dit so te doen leef ek in die toekoms want ek mis vandag!  Is ek besig om net so bietjie stadiger te beweeg sodat ek kan hoor die stories wat my kinders my vandag wil vertel?  Vrydagaand was vir my so 'n oomblik.  Malcolm het vroëer die week bedank want hy het ander werk gekry waaroor ons baie dankbaar is vir  die nuwe geleentheid.  Maar dit was dan ook ons laaste krieketwedstryd wat ons kon gaan kyk in sy mooi kantoor by Supersport park.  Elke keer wat ek daar 'n wedstryd gaan kyk en beleef het, dan het ek geweet - hierdie is slegs vir 'n seisoen - ek moet dit waardeer en nie as vanselfsprekend aanneem nie!  Mens kom mos op sulke plekke - veral as mens so vir lank by een plek werk - April sou Malcolm 6 jaar by die Titans gewees het.  Maar die aand was so anders - Graham het maats gehad saam met wie hy op die pawiljoen ("stands") gaan sit het, Shauwn en Jason het heerlik op die gras gaan speel want daar was nie so baie mense nie, Malcolm het die aand (eerste keer wat hy daar werk) in die Presidensiële losie gesit! En ek was alleen in sy kantoor.  Ek kon oor soveel goed dink en terugkyk en dankbaar wees vir hierdie seisoen - geleenthede wat ons gehad het, lang ure wat ons daar deurgebring het, goeie en slegte tye - watter werk het dit nie?

Maar deurentyd was daar 'n diepe dankbaarheid in my binneste.  Ek kon in die oomblik inklim, die skuifdeure in sy kantoor wawyd oopmaak en op die bank sit, die klanke en opgewondenheid buite hoor en sien hoe daar viere en sesse gemoker word :-)  Oppad huis toe sien ek die maan raak wat amper, amper vol is.  En ek onthou hoe ons in die woestyn die vakansie elke aand gewag het vir wanneer gaan die maan vol wees ...  En net daar besluit ek toe as ek tuis kom, gaan ek nog so bietjie langer in die oomblik bly.  Die kinders is bed toe en ek het op die trampolien gaan lê en sterre kyk!!!  Wat 'n voorreg om die lewe so bietjie stadiger te kan draai met tye en net sulke asemskep oomblikke te kan beleef.  Om weer te besef hoe klein ons werklik is en waarmee hou ons ons so besig?!

Soos Benjamin Zander vra - blink die mense om jou se oë?  Mag die Here ons krag gee om hierdie jaar anders aan te pak!  Mag Hy ons genadig wees om in die oomblik te leef en nie in die toekoms nie.  Mag ons almal om ons inspireer om Hom eerste te soek en by Hom vrede te vind en wanneer ons daardie vrede vind dat  dit sal oorloop na almal met wie ons elke dag te doene kry.

Seën vir julle elkeen tot ons weer kuier
Estelle

PS: Pretorianers, ek laat weet ook net die Lewe in Oorvloed seminaar is in Pretoria van 6 - 8 Maart - moenie dit mis nie!  (loer op die webwerf vir meer inligting of 'n datum in jou omgewing http://infreedomandhealth.co.za/)